Posbus 1367

KUILSRIVIER 7579

Tel: (021) 903-1901

Faks: (021) 906-2637

E-pos: info@kerugma.org.za

Web: www.kerugma.org.za

 

 
       Kérugma
Bulletin

‘n Nuusbrief aan die oorwinnaars in Christus

Volume 8.1                                   Also available in English                                    Februarie 2006

 

“Voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie węreld sou oorgaan na die Vader ...   het Hy water in ‘n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was ...”  (Joh. 13:  1-5)

 

7 DAE WAT DIE WĘRELD VERANDER HET

- Naas le Roux

 

Die Here Jesus het reeds voor die sewe dae lange Paasfees geweet dat Hý die Offerlam op dié fees sou wees.  Uit die Skrif blyk dit egter dat sy dissipels dit nie ook so verstaan het nie.  Vir hulle was hierdie Paasfees maar net soos al die ander feeste.

 


Almal in Israel moes drie keer per jaar vir ‘n week lank na Jerusalem gaan om by die tempel een van die drie groot jaarlikse feeste by te woon.  Die eerste daarvan was die Paasfees. (Vgl. Lev. 23).

Wanneer ons na al die gegewens in die vier Evangelies betreffende hierdie laaste Paasfees waarop Jesus gekruisig is, kyk, dan kry ons ‘n volledige beskrywing van wat Jesus gedurende hierdie fees gedoen en geleer het.  Die gebeure word volledig vir ons beskryf in Johannes 12 - 21,  terwyl die ander Evangelies ook nog heelwat lig werp op Jesus se optrede gedurende hierdie sewe dae.  Dit vorm alles saam ‘n pragtige geheelbeeld.  In baie kerke word hierdie belangrike paasgebeure jaarliks gevier, nie net as ‘n enkele diens nie, maar as ‘n week waarin die gebeure uit die Skrif elke dag gevolg word.  Sommige kerke gedenk die tweede jaarlikse fees, naamlik die Pinksterfees, deur jaarliks ‘n week lank dienste te hou.  Ander weer gedenk die derde jaarlikse fees, naamlik die Loofhuttefees gedurende September.  In die Engelse kerke wat die sewe dae Paasgebeure vier, word dit normaalweg “The Passion Week” genoem.  Einde verlede jaar het ons in die Kérugma Bulletin bekend gemaak dat ons ‘n reeks van vier DVD’s/Video’s vrystel met die tema THE PASSION WEEK.

Ongelukkig was daar heelwat verwarring by mense wat dié tema assosieer met die Rooms Katolieke regisseur Mel Gibson se film THE PASSION OF THE CHRIST.  Daar is toe besluit om, ter wille van diegene wat so deur die tema van “PASSION” geaffekteer word, die reeks se tema te verander na 7 DAYS THAT CHANGED THE WORLD.  Ons wil liewer hę dat almal hierdie DVD’s/video’s sal sien, as wat iemand dié boodskap daarvan moet mis weens die assosiasie daarvan met iets anders.

Ons wil net noem dat die reeks reeds verfilm was voor die tema van die  film, THE PASSION OF THE CHRIST, bekend geword het. Die tema THE PASSION WEEK het met Rooms Katolisisme net so min in gemeen as die Bybel self.  Dit is maar net heel spontaan deur Randall Smith so genoem weens die spesifieke Bybelse tema wat hy in die reeks behandel. Ons vertrou egter dat die verandering van die tema van die reeks by almal byval sal vind. Die tema 7 DAYS THAT CHANGED THE WORLD kom van Randall Smith se inleiding tot die reeks waar hy verduidelik dat ons kyk na die belangrikste week in die geskiedenis van die węreld.

‘n Week wat die loop van die geskiedenis ingrypend verander het.  Dit is die week wat begin met Jesus se triomfantlike intog in Jerusalem op die donkie en eindig met sy kruisiging en uiteindelik sy opstanding uit die dood.

Die reeks toon dit wat Jesus dag vir dag gedurende die fees gedoen het.  Baie insidente wat ‘n mens in die evangelies as losstaande gebeure leer ken het, kry skielik ‘n heel ander betekenis.  Jesus het dit gedoen of geleer juis net voor sy kruisiging.  Hy het geweet dit is die laaste geleentheid om dit te doen.  Voor die einde van die Fees sou Hy gekruisig word. Voorts was dit ook die laaste geleentheid wat Hy sou hę om met sy dissipels te praat - om hulle voor te berei op hul taak as Hy weg was.  Hy was besig met die laaste deel van sy aardse bediening. Voortaan sou Hy vanuit die hemel voortgaan met sy werk, maar dit deur sy volgelinge. Hulle sou die persone wees wat Hy deur sy Gees sou bekragtig en lei.  Daarom moes Hy hulle voorberei. So leer Hy hulle van die Heilige Gees wat Hy sou stuur. Deur die inwonende Heilige Gees sou Hy in hulle woon en hulle lei in dit wat die wil van die Vader is. Daarom praat Hy met hulle oor dit wat Hy op sy hart het, maar tree Hy ook vir hulle in.  In Johannes 17 lees ons wat Hy vir hulle, maar ook vir ons bid.

Deur al die gebeure waardeur Randall Smith ons in hierdie reeks begelei, raak ons bekend met plekke soos onder andere Betanië, die Olyfberg, die Kidronvallei, Jerusalem, die tempel, die bo-vertrek, die tuin van Getsemane, ens. Ons leer ook hoedat elkeen wat die tempel wou ingaan elke keer gereinig moes word, hoe dit gebeur het dat die Romeine die tempel totaal afgebreek het en waarom die soldate wat Jesus gevange kom neem het, agteroor geval het toe Hy gesę het dat Hy inderdaad die Een is wat hulle soek.

‘n Mens sien dit nie maar net eenmalig nie.  Na jy dit gesien het, bly die dinge jou by.  Wanneer jy voortaan die Bybel lees, help dit baie om die Skrif te verstaan.

Terwyl ek hierdie dinge in Israel afgeneem het, het ek begin wonder of dit nie wenslik sou wees as Bybel- en Kweekskole hul studente vir ten minste een jaar van hul opleiding Israel toe sou stuur nie. Daar is miskien heelwat praktiese en finansiële probleme daaraan verbonde, maar hulle sal soveel beter weet hoe om die Woord uit te lę en te verklaar nadat hulle self ‘n tyd lank in die Bybellande geleef het.

Dit is egter nie moontlik nie. Daarom glo en vertrou ek dat hierdie DVD’s en Video’s deur Randall Smith wel ‘n groot bydrae sal lewer om die Woord vir diegene wat nie self daar kan uitkom nie, helderder en duideliker te maak.

Ek onthou goed hoedat my vriend Alf Hutchison die eerste keer toe ons saam met Randall onder in die Kidronvallei gestaan het, genoem het hoe hy dit vir homself altyd anders voorgestel het.  Wanneer hy gelees het dat Jesus met die dissipels van die tempel af deur die Kidronvallei geloop het na die Olyfberg, het hy dit verstaan as ‘n yslike vallei wat dae lank moes neem om deur te loop.  So ook sou die klim van die Olyfberg net so ‘n yslike onderneming wees.

Text Box: RUIL VIDEO’S VIR DVD’S
Almal wat hul video’s graag wil vervang met DVD’s kan dit doen teen helfte van die prys. U stuur u video’s, in karton verpak en met versekerde pos asook R50.00 per item. Ons sal dan graag vir u DVD’s stuur. Maak net op die bestelvorm seker dat die video’s wat u wil verruil wel reeds op DVD beskikbaar is.
In die reeks toon ons die roete waarlangs Jesus gedurende die Fees daagliks vanaf Betanië tot by die tempel moes stap.  Moontlik sal dit vir u ook ‘n ander prentjie toon as wat u vir uself voorgestel het met die lees van die Bybel.  So is daar baie ander dinge in die reeks wat heel anders is as wat ‘n mens jouself dit vanuit jou leefwęreld mag voorstel.

Misdien is dit ‘n goeie gedagte om die reeks nie maar net self te kry en oor en oor te kyk nie, maar om ook vir ander daarvan te vertel - of selfs te gee.

Is u vertroud met al die agtergrond van die gebeure waarin die Bybelse verhaal afgespeel het?  Ek glo daar is bay om te ontdek en vertrou dat u net soveel seën sal put uit die kyk van hierdie reeks as wat ekself daaruit geleer het.  Een van die dinge wat ‘n mens mooi te siene kry, is die tempel met die omringende geboue soos dit in Jesus se tyd gelyk het.  Daar word deurgaans daarna verwys as “die tweede tempel.”  Die “eerste tempel” is die een wat koning Salomo gebou het.  Die Israeliete mag slegs by die tabernakel en later by die tempel hul offers gebring het.  Die tempel van Salomo is deur Nebukadnesar verwoes en Israel is vir 70 jaar weggevoer in ballingskap.  Gedurende die tyd kon hulle dus geen offers bring nie.  Na hul terugkeer uit die ballingskap is die tempel herbou en kon hulle weer hul offers bring.  Dit is toe genoem die “tweede tempel.”  Hierdie tempel is toe later deur koning Herodus oorgebou en heelwat vergroot.  Alhoewel dit eintlik ‘n derde tempel is, word dit steeds die “tweede tempel” genoem omdat die offers gedurende die bouproses van 46 jaar (volgens Joh. 2: 20) onafgebroke voortgegaan het.  Hierdie “tweede tempel”, die tempel van Herodus, is in 70 nC. deur die Romeine vernietig.  Sedertdien, tot vandag toe, is daar by Israel die verlange om die “derde tempel” te bou.  Een van die merkwaardigste plekke in Israel om vandag te besoek, is die Tempel Instituut in die Ou Stad Jerusalem.  Daar sien ‘n mens ‘n versameling van items wat deur die Instituut gemaak word met die oog op die bou van die “derde tempel.”

In die reeks toon ons ‘n skildery van die “eerste tempel.”  Daarop sien ‘n mens die stad van David asook Salomo se paleis en die tempel.  Soos dit ook in die DVD/Video The Significance of the Temple Mount deur Michael Utterback aangetoon word, is die tweede tempel op presies dieselfde plek as die eerste gebou.  Randall wys dan ook in die reeks dat die Goue Rotskoepel van Islam tans op dieselfde plek staan.

Die tweede tempel en die stad Jerusalem soos dit in die tyd van die Here Jesus gelyk het, lyk baie eg in hierdie reeks.  Dit is beeldmateriaal van ‘n model van die tempel en die stad wat op die perseël van die Holy Land Hotel te Jerusalem gebou is.  Die model is van dieselfde materiaal as die oorspronklike gebou en bied vir ons ‘n baie goeie idee van hoe dit destyds gelyk het.

Baie van die dinge wat in die reeks getoon word, soos ook hierdie model, kan nie sommer maar net afgeneem word nie.  Die model is deur die goedgunstige toestemming van die Holy Land Hotel afgeneem.  Ons het telkens maar net ervaar hoedat die Here vir ons onderneem het om plekke af te neem waarvoor daar oor die algemeen geen toestemming gegee word nie.

Goeie nuus is dat Deel 3 van hierdie reeks nou ook beskikbaar is. Deel 4 sal DV Maart 2006 gereed wees. Laat weet gerus wat u van die reeks dink.


Diegene wat reeds Dele 1 & 2 van die reeks met die tema THE PASSION WEEK ontvang het, kan dit aan ons terugstuur. Sodra ons dit ontvang stuur ons dan dieselfde vir u terug met die nuwe tema 7 DAYS THAT CHANGED THE WORLD. Al wat ons van u vra is dat u die koste om dit vir ons te pos sal dra. Verpak dit asseblief in karton en stuur dit per versekerde pos. Bęre asseblief u strokie totdat u die nuwe gekry het. Baie dankie.