Text Box: ‘n ryk jongman gesê om al sy goed te gaan verkoop, dit aan die armes weg te gee en Hom te begin volg. Vir my klink dit soos iets baie moeilik om te doen. 
In Mattheüs 10:16 het die Here Jesus vir sy dissipels gesê dat hy hulle soos skape onder wolwe instuur. Hy waarsku hulle dat hulle moet oppas vir die mense, omdat hulle hulle gaan oorlewer aan regbanke, en in hulle sinagoges gaan gesel. Volgens Jesus sal sy volgelinge deur almal gehaat word ter wille van Sy Naam. 
Daarom het Hy dit ook nodig geag om te sê dat ons nie diegene moet vrees wat die           
                         Vervolg op bl. 2
Text Box: Beste Kérugma Ondersteuner, 
Gedurende ‘n onlangse gesprek met ’n jongman het die woorde van Paulus aan Timotheüs weer by my opgekom. 
Die jongman het met ‘n vriend van hom gesels oor wat Christenskap in die praktyk beteken. Hierdie vriend was doodseker dat hy ‘n Christen is en dat sy pad hemel toe oop is omdat hy ‘n ervaring gehad het waar hy ‘n ontmoeting met God gehad het. Tog is daar geen sprake van die vrug van die Gees in sy lewe nie.
Volgens 1 Timotheüs 3:1-5 is dit ‘n tendens van die laaste dae. Baie mense wat gereeld kerk toe gaan, hulle Bybel lees, ja, selfs kan getuig van ‘n bekeringsondervinding, kan nie eerlik sê dat oorwinning oor sonde hulle daaglikse onder-vinding is nie. Verhoudinge is vertroebel en sondes soos onreinheid en humeur, Text Box: geïrriteerdheid, ens. is hul algemene ondervinding. 
Wat is die probleem? 
Volgens Paulus se brief aan Timotheüs is die grootste probleem van ons tyd dat mense liefhebbers van hulself meer as van God is. Jesus het gesê dat die wat Hom wil volg hulleself moet verloën, hulle kruis moet opneem en Hom moet volg (Mat. 16:24). Dit beteken dat, nadat ek vir die Here gevra het om my sonde te vergewe en ek my lewe onder sy gesag geplaas het, ek nooit meer besluite kan maak op grond van wat vir myself gemaklik, gerieflik of lekker is nie. My keuses moet bepaal word op grond van wat die wil van my hemelse Vader is. 
Sou my hemelse Vader van my verwag om iets te doen wat vir my nie lekker is nie? 
In Mattheüs19:21 het Jesus vir Text Box: Maar weet dit dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloËn het. 2 tim. 3:1-5

Kérugma Produksies  versprei nou ook die DVD’s van Roger Oakland

Text Box: Roger is ‘n spreker wat internasionaal optree en praat oor ‘n verskeidenheid onderwerpe. As ‘n wetenskaplike kan hy gesaghebbend die kwessie van skepping-ewolusie aanspreek.
Text Box: Sy bediening staan bekend as UNDERSTAND THE TIMES, en sy doel is om gelowiges Bybelse perspektief te gee op die verlede, op dit wat nou op die oomblik in die wêreld aangaan en in die toekoms gaan gebeur. Om meer van Text Box: sy bediening te wete te kom, besoek gerus sy webwerf by:
www.understandthetimes.org
Doen gerus navraag vir ‘n volledige katalogus by Kérugma Produksies
Text Box:  DVD’s  beskikbaar:
Text Box: Text Box: Roger Oakland

Februarie 2007

Volume 9:1

Text Box: Marina le Roux
Text Box: Tog sien hulle hierdie marteling nie as ‘n teken dat hulle hemelse Vader hulle in die steek gelaat het nie. Nee,  hulle gebruik dit eerder as ‘n geleentheid om te getuig teenoor ander persone in die tronk. Die bekende Chinese huiskerkleier, Brother Yun, vertel in sy merkwaardige verhaal, Die Hemelse Gesant, (Engels: The Heavenly Man) dat hy, nadat hy gevlug het uit China, in Myanmar in die tronk gegooi is omdat hulle verkeerdelik aangeneem het dat hy deel was van ‘n groep wat op daardie stadium  in opstand teen die regering was. Om ‘n lang storie kort te maak, het hy in ‘n tronksel waarin daar 100 mense was, beland. Daar was soveel mense in die sel, dat niemand op sy rug kon lê en slaap nie. Almal moes op hulle sye lê, en dan moes elkeen met sy voete by die kop van die een langs hom lê, sodat almal kon inpas. Wanneer iemand te veel sou hoes, sou die ander hom slaan. Volgens Brother Yun was die toestande in hierdie tronk erger as in enige tronk waarin hy hom in China bevind het. Tog het hy nooit die Here blameer vir sy toestand nie, maar aanvaar dat die Here hom juis soontoe gestuur het om daardie kriminele van die verlossing in Christus te vertel. Dit is dan ook wat hy gedoen het. Daar het hy ‘n hele aantal mense na die Here gelei en hulle toegerus om ook andere te vertel. Hy skryf: “these were wonderful days filled with God’s presence, and to be honest, I did not even feel that I was in prison.” Is ons so ingestel op dit wat vir God van waarde is, dat ons eie probleme heeltemal in die niet verdwyn? Dan alleen kan ons iets werd wees vir die koninkryk van God.













Text Box: 1 Petrus 4:1 sê dat diegene wat na die vlees gely het, opgehou het met die sonde, sodat hulle vir die res van hulle lewens nie meer volgens die begeertes van mense sal leef nie, maar volgens die wil van God. Christene wat fisies gely het vir hulle geloof, het dus geleer dat niks op aarde belangriker is as om die wil van God te doen nie. Daarom sê Romeine 8:14 dat almal wat deur die Gees van God gelei word, kinders van God is. ‘n Kind van God is iemand wat sensitief is om te weet wat God se wil is vir elke oom-blik elke dag in alles wat hy/sy doen. Hy is meer ingestel daarop dat God se planne noukeurig uitgevoer word as dat sy eie ideale bereik sal word. Die Christene in China is vrugbaar, ten spyte van felle vervolging omdat hulle geleer het dat om die wil van God te doen, baie belangriker is as om ‘n goeie werk te hê of om genoeg te besit om geen finansiële bekommernisse  te hê nie. Daarom seën God hulle, nie noodwendig met finansies  nie, maar wel met ‘n bewussyn van sy teenwoordigheid en liefde. Is dit nie meer werd as alles wat hierdie wêreld kan bied nie?
Text Box: Die kantoor sal vanaf 22 Februarie tot 8 Maart slegs gedurende Dinsdae en Donderdae oop wees. 
Text Box: laaste dae
Text Box: Belangrike Nuus

‘n Paar jaar gelede het ons ‘n video gemaak van ’n tabernakel, soos die een wat Moses in die woestyn gebou het as ontmoetingsplek vir die Israeliete met God. Op ‘n later stadium het ons ’n hele reeks verfilm wat nie net wys hoe alles in die tabernakel gelyk het nie, maar wat ook die geestelike betekenis van dit alles vir ons wys. Ons het die videos afgeneem by die tabernakel wat deur dr. Randall Smith opgerig is naby Jerigo. Op daardie stadium het ons nooit gedink dat daar ’n dag sou kom waarop hierdie tabernakel afgebreek sou moes word nie. Daardie dag het egter aangebreek as gevolg van die politieke onstabiliteit in Israel. Al wat oorgebly het van die tabernakel is die beeld-materiaal wat ons daar afgeneem het. Daardie reeks is nou byna klaar geredigeer. Die eerste DVD in die reeks van vier, is reeds beskikbaar, en die res sal DV binnekort gereed wees.

Nog belangrike nuus is dat die Here dit sterk op ons harte gelê het om ’n Bybelstudietoer van dr. Randall Smith in Israel van 22 Februarie tot 8 Maart,  af te neem. Onderwerpe waaroor hy gaan lering gee, is die karaktereienskappe van die dissipels, die verskillende konfliksituasies wat geheers het in Israel in die tyd van Jesus se bediening, asook onderwerpe soos die geveg van Dawid en Goliat, Moses, ens. Omdat die situasie in Israel daagliks verander, weet ons nie of daar weer ‘n geleentheid sal wees om dit te doen nie. Daarom wil ons vir u as kinders van die Here vra om vir ons ernstig te bid vir hierdie toer.
Dit gebeur so maklik dat ‘n klein dingetjie soos ’n kabeltjie in ‘n mikrofoon breek, en dan kan die material wat afgeneem is, nie gebruik word nie. Wil u nie saam met ons die Here vertrou  vir hierdie ondernemeing nie?
Text Box: GEBEDSVERSOEKE
1. Dat al die apparaat die hele tyd in Isael perfek sal werk.

2. Dat die weer sal saamwerk.

3. Vir Randall Smith wat al die boodskappe moet gee.

4. Vir die nodige fisiese krag en gesondheid vir die kameraspan.

5. Vir die nodige finansies.

 

 

The Wiles of the Devil:

End Time Deception in the World and the Church. R100

 

The Truth on Origins:

Answer your questions on Origins based on the Facts. R350

 

The Emerging Church:

Revival or last Days Apostasy?

                                   R100

 

The New Wine and the Babylonian Vine:

The Current global ecumenical Movement in the light of Bible Prophecy. R100

 

Another Jesus:

The Eucharistic Christ and the New Evangelization. R100