NTSC is die televisie kleur standaard wat hoofsaaklik in die VSA, Kanada, Mexiko en Japan gebruik word. Dit is die oudste televisie kleur standaard en is deur die Amerikaanse National Television Systems Committee (NTSC) gepromulgeer. Vir 'n meer volledige lys van lande wat NTSC gebruik volg hierdie skakel.

PAL is die televisie kleur standaard wat wyd gebruik word in die Verenigde Koningkryk, Europa, Suid Afrika en die res van die wêreld. Die afkorting is afgelei van Phase Alternating Line (PAL). Vir 'n meer volledige lys van lande wat PAL gebruik volg hierdie skakel.

Dit word van kliënte verwag om seker te maak dat hulle die korrekte video formaat (PAL / NTSC) kies wanneer hulle die bestelling plaas wat dan sou verseker dat hulle video masjien die video kan terugspeel.