Jeanne le Roux is 'n dosent in die Departement Kwantitatiewe Bestuur van die Universiteit van Suid-Afrika. Haar akademiese
belangstellings in die vakgebied Operasionele Navorsing is in
simulasie en heuristiese algoritmes vir optimering.
E-pos: lrouxj@unisa.ac.za
Hoe die Here my verlos het van ateïsme |
| Hierdie persoonlike getuienis van Jeanne le Roux soos sy dit voor 'n gemeente gelewer het, asook soos dit tydens die bekende Sondagoggend radioprogram Kollig op die Kerk uitgesaai is, is op kasset beskikbaar by Kérugma Produksies. |
Bewys deur teenspraakJeanne le RouxDepartement Kwantitatiewe Bestuur, Posbus 392, UNISA, 0003, SUID AFRIKA |
| Opsomming:
Terwyl ek aan die Universiteit van Stellenbosch studeer het vir 'n BSc-graad, was my hart vol rebellie teenoor God. Ek het Fisika studeer met die hoop om eendag alles te verstaan omtrent die begin van die heelal, energie, massa en lig, en daardeur op een of ander manier te bewys dat God nie bestaan nie. In Toegepaste Wiskunde in 'n derdevlakkursus oor Toegepaste Moderne Algebra, moes ons stellings oor toernooie ('n toepassing in grafiekteorie) formuleer en bewys. Een manier om 'n stelling te bewys, naamlik deur teenspraak, reductio ad absurdum, het 'n taamlike indruk op my gemaak. Op 'n dag toe ek besef het dat my intelligensie beperk is, het ek hierdie bewys deur teenspraak in 'n gebed tot God toegepas. Hy het my gebed beantwoord, en daarmee aan my bewys dat Hy bestaan! Dit het gelei tot my bekering van ateïsme tot geloof in die God van die Bybel. In hierdie praatjie brei ek in fyner detail uit oor die gedagtegang agter hierdie gebed en oor hoe God op 'n verrassende manier daarop geantwoord het. |
CD's en kassette met geestelike liedere geskryf en gesing deur Jeanne le
Roux, is verkrygbaar by Kérugma Produksies.
Father hold my hand | |
|
Op hierdie CD (of kasset) besing Jeanne le Roux die wonder van die verlossing wat sy in Jesus Christus gevind het. Hy het aan die kruis gesterf vir ons sondes, maar het uit die dood uit opgestaan en leef nou om vir ons nuwe lewe te gee in Hom. Deur geloof in Hom kom ons in 'n persoonlike verhouding tot God as Vader. Die tien snitte op die CD (en kasset), almal deur haarself gekomponeer, is gebaseer op skrifgedeeltes uit die Bybel. | |
|
|
|
Hierdie liedere is 'n getuienis van die getrouheid van God. Hy hoor ons as ons na Hom roep. Hy antwoord altyd as ons Sy wil soek. | |
Kérugma Produksies
Posbus 1367, KUILS
RIVIER, 7579 SUID-AFRIKA Tel: +27 (0)21 903-1901 Faks: +27 (0)21 906-2637
E-pos: info@kerugma.org.za Web: http://www.kerugma.org.za/www.kerugma.org.za