Bill Randles
The coming of the Lord

Die Here Jesus se dissipels het Hom uitgevra in verband met die tekens en die tyd van sy wederkoms (Matt. 24). Sy antwoord op hierdie vrae is die basis van Bill Randles se boodskap op hierdie video.

Soos wat hy die verskillende aspekte van Jesus se antwoord ontleed, word dit duidelik dat ons nie net baie na aan die wederkoms leef nie, maar dat baie van die huidige verskynsels wat tans oral hul kop in kerke uitsteek, alles deel vorm van Satan se voorbereidings van die wêreldwye kerk van die eindtyd. In die video sal u baie insetsels sien van hierdie verskynsels, soos Bill verwys na byvoorbeeld die Alfa Kursus, die Toronto "Herlewing", die twee wêreld oorloë, en vele meer.

Een boodskap wat duidelik deur die video na vore kom, is dat ons wat die voorreg het om in hierdie opwindende tyd te leef, voorbereid en gereed moet wees vir die koms van die Here Jesus.

Bill vertel hoedat hy en baie van sy vriende eens uitgesien het dat die Here moet kom, maar hoedat baie van hulle met die tyd hul visie verloor het en sodoende afgekoel het. Moontlik is die boodskap op hierdie video net dit wat u nou nodig het.

Prys US$
Bestel hierdie item