Dr Randall Smith
Jesus on Jesus - Part 1
The Seven I am-sayings of Jesus

JESUS ON JESUS is 'n twee-ledige reeks video's wat die sewe "Ek is" -uitsprake asook die sewe "Ek doen" -wonderwerke in die Evangelie volgens Johannes, aan ons ontsluit.

Die teoloog en Bybelse argeoloog, dr. Randall Smith, toon hierin hoedat Jesus Homself aan twee groeperinge onder die mense van sy dag geopenbaar het. Die "Ek is" -uitsprake is veral gerig tot die mens uit die Griekse lewens en - węreldbeskouing aangesien die Westerse mense ag slaan op dit wat iemand vertel. Die wonderwerke spreek weer tot die persoon uit die Hebreeuse agtergrond aangesien dit vir die Midde Oosterse mens belangrik is om te sien wat 'n mens doen.

Die eerste video fokus op die "Ek is" -uitsprake terwyl die tweede een die wonderwerke beskryf. Volgens Johannes het hy dit so neergeskryf, dat wanneer ons dit lees, ons tot geloof in Jesus sal kom. Die twee video's JESUS ON JESUS is te Israel verfilm en bied vir die kyker baie nuwe insigte omtrent dit wat Jesus geleer en gedoen het om Homself as die Messias te openbaar en tot geloof in sy Vader te bring.

Prys US$
Bestel hierdie item