Ds Soon Zevenster
DIE PARLEMENT VIR WÊRELDGODSDIENSTE
Die Wegbereiding vir die Valse Profeet

Tussen 6000 en 8000 mense van reg oor die wêreld het DIE PARLEMENT VAN WêRELDGODSDIENSTE in Kaapstad tussen 1 en 8 Desember 1999 bygewoon.

In hierdie video sal u die openingsseremonie sien waar 'n VIGS gedenkteken onthul is, die optog na Distrik Ses waar die Opelug Podium aan die geeste van die vier elemente van die aarde gewy is, asook die amptelike opening by die Goeie Hoop Sentrum.

U sien baie van die lesings, seminare, werkswinkels en gesprekke wat plaasgevind het gedurende hierdie tyd; byvoorbeeld die bydrae deur oud-president Nelson Mandela, die Dalai Lama en 'n lesing deur die outeur van die boek: "Jesus the Holy Fool". U sien ook voorvaderaanbidders, toordokters, hekse, Rastafarieërs, Christen leiers, die Shinji Shumei-kai Taiko Ensemble van Japan, verskillende vorme van Meditasie en nog baie meer...

Ds Soon Zevenster lig die plek en rol van hierdie gebeurtenis toe aan die lig van die Skrif. Hierdie beweging verswelg tans die godsdienstige arena van die wêreld en sal geen teenstand duld nie. Elke Christen moet hierdie video sien om homself/haarself te oriënteer aangaande hierdie saak.

Prys US$
Bestel hierdie item