|
Truth versus Mystical Experience
Bill Randles noem vanuit sy persoonlike ondervinding baie van die dinge
wat die afgelope paar jaar die kerklike toneel oorspoel. Hy het opgegroei
in 'n Rooms Katolieke huis en tot bekering gekom in 'n Pinksterkerk. Hierna
het hy pastoor geword in die "Faith"-beweging tot hy ontnugter was en hy
en sy gemeente saam die Bybel met erns begin bestudeer het. So het hulle
die waarheid omtrent baie dinge ontdek.
Uit die krag van die liefde vir die waarheid praat hy
reguit maar met gesag omtrent die mistieke ervaringsgodsdiens wat so deel
van die hedendaagse Christendom geword het. Soos 'n mens na hom luister
word die subtiele leuens waardeur byna almal van ons beïnvloed word, verbreek
en ontdek 'n mens die waarheid in die plek daarvan.
Die boodskap op hierdie video is ryklik geïllustreer deur bypassende
video insetsels.
|