| Johan Malan | |
|
Elke bedeling in die menslike geskiedenis het as gevolg van die misleidingswerk van Satan in ongeloof geëindig: Die bedeling van onskuld het in ons eerste ouers se sondeval geëindig; die bedeling van die gewete het as gevolg van die mensdom se boosheid in die sondvloed geëindig; die bedeling van menslike regering het na die bou van die toring van Babel en die ontstaan van heidense nasies gelei; die bedeling van die wet het in wydverspreide ongeloof in Israel geëindig; die bedeling van die kerk gaan in die groot afval van die laaste dae eindig; die bedeling van die Antichris se regering sal in wêreldwye rebellie teen Christus eindig; en die bedeling van die vrederyk sal ook in 'n groot opstand teen God eindig nadat Satan uit die put vrygelaat is. Diegene op die smal weg was nog altyd 'n klein minderheid. Ons moet van hierdie realiteit kennis neem en seker maak dat ons nie saam met miljoene ander mense van die geloof afvallig raak nie (vgl. 1 Tim. 4:1). Hierdie is die vyfde in 'n reeks van vyf DVD's deur Prof. J. Malan. Tydsduur: 58 min Only available in PAL |
|
|