| Prof. Johan Malan | |
|
Prof. Johan Malan toon op meesterlike wyse in hierdie DVD aan hoedat daar groot druk op alle kerke toegepas word om minder dogmaties na die Bybel te kyk. Die rede is dat die postmoderne mens nie sy vryheid deur 'n eng, letterlike beskouing van die Bybel wil beperk nie. Hierdie ingesteldheid lei na kompromieë op leerstellige gebied asook die skep van ekumeniese bande. Deur dit alles word die deur wyd oopgemaak vir verskillende dwalings. Die gevolg hiervan is die opkomende kerk (emerging church) van die 21ste eeu. In hierdie beweging, wat die hele kerklike wêreld deursuur, word die Christelike fundamentalisme heeltemal verwerp; die Bybelse godsbegrip van die Drie-eenheid word verander en Jesus se godheid word ontken. Voorts lig Prof. Malan die globalisering van die moderne kerk toe veral na aanleiding van Rick Warren se internasionale PEACE-plan. Hierdie is die derde in 'n reeks van vyf DVD's deur Prof. J. Malan. Tydsduur: 58 minute. Only available in PAL |
|
|